Talente

Art / Kuns

Kuns & Fotografie / Art & Photography

Drama

Afrikaans Drama Afdeling / English Drama Section

Dans / Dance

Optredes word beperk tot 2 minute / Performances are limited to 2 minutes

Vokaal & Kore / Vocal & Choirs

Optredes word beperk tot 2 minute / Performances are limited to 2 minutes

Instrumentaal / Instrumental

Inskrywings vanaf voorskool – Gr12 word aanvaar vir hierdie afdeling /Entries from pre-school – Gr12 is accepted 

Skryfkuns / Creative Writing

Skryfkuns word in groepe beoordeel / Creative Writing will be adjudicated groups

Video

TikTok, Vimeo, Youtube. Videos

Sillabus 2025 Syllabus

Talenté is ‘n innoverende kunstefees wat beoog om ‘n platvorm te stel vir deelnemers om hul Godgegewe talente ten toon te stel.
Deur ons waardes van eerlikheid regverdigheid en deursigtigheid wil ons ‘n liefde vir kultuuraktiwiteite by deelnemers aanwakker en hul ook daarvoor beloon. Om werkende ouers te akkommodeer poog ons dat deelnemers aan soveel as moontlik items per
afdeling, op een dag deelneem, daar is ook geen verdere rondtes nie. Ons bekwame beoordelaars sal wenners onmiddellik aandie einde van elke item aankondig. Afdelingswenners sal aan die einde van die Kunstefees bekend gemaak word nadat die uitslae van deelnemers regoor alle areas inag geneem is.
Ons sien uit na die 8 ste jaarlikse kunstefees.

Talenté Kunstefees Bestuur

Voorsitter:
S.Schoeman

Kontakbesonderhede:

Skoleverteenwoordigers: Hoof nr.  074 0600 222 – Alternatiewe nr.082 613 8446

Epos Adres: admin@talentearts.co.za

Alternatiewe Epos Adres:   admin@talente.co.za

Talentè is an innovative Arts Festival which aims to create a platform for participants to show off their God given talents.
Through our values of fairness and transparency we strive to spark a love for cultural activities and performing among participants.
When setting the programme we aim to accommodate working parents and schedule their children’s items mostly on one day.
There is only one participation round where our competent adjudicators will announce winners at the end of each item.
Section winners will be announced at the end of the Arts Festival taking the results of participants in all areas into account.
Looking forward to the 8 th annual Arts Festival.

Talenté Arts Festival Management.

Voorsitter:
S.Schoeman

Contact Details:

School representatives:: Main No.  074 0600 222 – Alternative No. 082 613 8446

Email Address: admin@talentearts.co.za

Alternative Email Address: admin@talente.co.za

2025 Inskrywingsfooie beloop / Entry fees

Inskrywingsfooie beloop:

  • R85 per leerder per item vir enige individuele inskrywing.
  • R170 per duet / samespraak / duo inskrywing.
  • R255 per trio inskrywing.
  • R700 per groep-inskrwying 6-30 lede.

Entry fees:

  • R85 per learner per individual item
  • R170 per duet / duologue
  • R255 per trio entry
  • R700 per group entry limited between 6-30 members
10/10

TOEKENNINGS  / Awards

A+++ 95 – 100%
A++ 90 – 94%
A+ 85 – 89%
A 80 – 84%
B+ 75 – 79%
B 70 – 74%

10/10

Toekennings:

Deelname:
Inskrywings vanaf voorskool tot matriek word aanvaar. Items word sover moontlik in graadverband beoordeel, seuns en dogters in een item.Elke  leerder ontvang ‘n verslag na hul optrede.

Itemwenners:
Na elke item sal daar ‘n itemwenner aangewys word (mits die wenner ‘n minimum van 90% vir die optrede verdien het en daar minstens 5 deelnemers is). Die itemwenner ontvang ‘n addisionele spesiale erkenning.

Afdelingswenners:
Na afloop van die Kunstefees sal die Afdelingswenners bekend gemaak word en sal daardie leerder spesiale erkenning ontvang wat by hul skole afgelaai sal word. Die Afdelingswenners sal bereken word per item met ‘n minimum van 5 inskrywngs in die items regoor die volgende afdelings:
(Graad 0 tot 3) (Graad 4tot 7 )  (Graad 8 en 9) (Gr10tot )12 (Bv: Mimiek Gr0-3 Afdelingswenner)

Awards:

Participation:
Entries are open to participants from Pre School to Grade 12. Participants will be adjudicated in their respective grades where possible, boys and girls in one item.
Reports will be awarded to each participant after adjudication.

Item winners:
An Item winner will only be announced if the winner has earned a Diploma with 90% and above, and if there are is a minimum of 5 participants. Item winners will qualify for an additional award.

Section winner:
Section winners will be announced after the Arts Festival and those learners will receive an additional certificate that willbe delivered  to their school. Section winners will be awarded in the following sections:
(Grade 0to 3)  (Gr 4to 7)  (Gr 8and 9) (Grade 10and 12) (Ex: Mime Gr0-3 Section Winner)

Belangrike datums / Important dates

Talenté Adelings / Sections

  1. Afrikaans Drama Afdeling
  2. English Drama Section
  3. Kuns & Fotografie / Art & Photography
  4. Vokaal & Kore / Vocal & Choirs
  5. Instrumentaal / Instrumental
  6. Dans / Dance
  7. Skryfkuns / Creative Writing
  8. Video
  9. Voorgeskrewe gedigte / Prescribed Poems

Drama Afdeling / Drama Section

Click Here
.
Click Here

Lys van Voorbereide Afrikaanse Drama Items:

Alle items het ‘n maksimum optrede tyd van 2 minute teensy anders gespesifieer.

Limeriek

Kletsrym / Rap

Advertensie Duo

Gedramatiseerde Poësie met rekwisiete

Bybelprosa

Stilstaande Prosa

Eie Keuse Poësie

Voorbereide Mimiek Individueel

Monoloog

Voorbereide Lees

Voorgeskrewe Poësie

Spreekkoor (5 minute per optrede)

Samespraak

Resep-demonstrasie

Gedramatiseerde Poësie

Advertensie Individueel

Advertensie Individueel

Gedramatiseerde Prosa

 

Voorbereide Groepsmimiek

Redenaars (enige onderwerp, tye soos per ATKV)

Groepitem / Eksperimenteel (5 minute per optrede)

Beskrywing van Voorbereide Items:

Die stukke of gedigte wat leerders aanbied moet geskik wees vir hul ouderdom

Eie Keuse Poësie:
‘n Ouderdomsgepaste gedig wat stilstaande voorgedra word (sonder bewegings en gebare)

Voorgeskrewe Poësie :
‘n Voorgeskrewe gedig word stilstaande voorgedra (sonder bewegings en gebare)

Limeriek :
Bestaan uit 5 kort humoristiese reël met ‘n aabba rymskema. Geen gebare of bewegings of kostuums of rekwisiete is toelaatbaar.

Gedramatiseerde Poësie :
‘n Gedig wat met bewegings uitgevoer word. Slegs gebare word nie gesien as gedramatiseerde werk nie.
Leerders mag stoele / dramablokke / enige item op die verhoog gebruik om vlakke te skep.
Geen kostuums of addisionele rekwisiete bv ‘n blompot of besem of los item word toegelaat nie.

Gedramatiseerde Poësie met rekwisiete :
‘n Gedig wat met bewegings en rekwisiete uitgevoer word. Slegs gebare word nie gesien as gedramatiseerde werk nie.
Leerders mag stoele / dramablokke / enige item op die verhoog gebruik om vlakke te skep.
Kostuums of addisionele rekwisiete bv ‘n blompot of besem of los item word wel toegelaat.

Kletsrym / Rap :
‘n Eie keuse gedig wat met of sonder bewegings uitgevoer word in die tipiese kletsrymstyl met of sonder ‘n instrument.

Stilstaande Prosa :
‘n Prosa wat stilstaande voorgedra word (sonder bewegings en gebare). ‘n Prosa is ‘n storie (verhaal) wat vertel word. Gewoonlik
maar nie noodwendig nie, is daar meer as een karakter en ‘n verteller ter sprake in ‘n prosa. Die belangrike deel is dat die storie
vertel word uit een of meer oogpunte. Die vertel van die storie is die belangrikste deel van die prosa.
Geen kostuums of rekwisiete mag gebruik word.

Gedramatiseerde Prosa :
‘n Prosa stuk (storie) wat met bewegings uitgevoer word. Slegs gebare word nie gesien as gedramatiseerde werk nie.
Die verskillende karakters word vertolk met narratiewe gedeeltes, en die bewegings help verder om die storie wat vertel word beter
uit te beeld. Leerder is geklee in neutrale drag, met of sonder skoene. (neutrale drag word gewoonlik beskou as swart klere sonder
prentjies, belde, gekleurde haarknippies en strikke). Geen kostuums of rekwisiete mag gebruik word, stoele / dramablokke / enige
item wat vlakke en hoogte skep is op die verhoog toelaatbaar.

Bybelprosa :
Enige stuk uit enige erkende vertaling van die Bybel word aanvaar. Dit word stilstaande voorgedra sonder om af te lees.
Rekwisiete insluitend stoele / dramablokke / kerse / kussings / Bybel is toelaatbaar.

Advertensie :
Leerders moet ‘n realistiese of onrealistiese advertensie uitwerk en voorberei vir enige item.

Voorbereide Mimiek :
‘n Voorbereide storie wat slegs met bewegings en gebare uitgebeeld word. Die storie moet ‘n begin, middel en einde hê.
Slegs neutrale drag, sonder skoene (neutrale drag word gewoonlik beskou as swart klere sonder prentjies, belde, gekleurde
haarknippies en strikke). Geen kostuums of rekwisiete mag gebruik word. Stoele / dramablokke / ‘n item wat vlakke skep om die
verhoogis toelaatbaar.Die titel moet aangekondig word of op ‘n plakkaat geskryf word en dit moet aan die gehoor gewys word.

Resep-demonstrasie :
Deelnemers doen ‘n demonstrasie van ‘n eenvoudige resep asof die gehoor na ‘n regstreeks uitsending van ‘n kookprogram kyk.
Deelnemers moet hul eie bestanddele bring. Neem vloeiendheid, taalgebruik en gehoorkontak in ag wanneer vir hierdie item
voorberei word. Tydsbeperking is 2-4 minute. Leerder is geklee in skoolklere of neutrale drag of gepaste kostuum (voorskoot ens)

Voorbereide Lees :
Deelnemers moet ‘n uittreksel uit enige ouderdomsgeskikte boek tuis voorberei en dit aan die gehoor kom voorlees.

Redenaars (Oop tema) :
Leerders lewer ‘n oorredende toespraak oor enige onderwerp.
Tydsbeperking is soos volg: (Gr1-3 2-4min) (Gr4-5 3-5min) (Gr6-7 4-6 min) (Gr8-12 5-7 min)

Monoloog :
‘n Monoloog is gewoonlik ‘n uittreksel uit ‘n toneelstuk. Slegs een karakter word vertolk. Met prosa sal mens die storie van
Rooikappie vertel, maar met ‘n monoloog, sal jy slegs Rooikappie wees. Rooikappie sal dan deur die bos loop met ‘n monoloog,
waar met prosa sal daar vertel word dat Rooikappie deur die bos loop. Alhoewel daar meer as een karakter in ‘n monoloog is, bly
mens net daardie een karakter. Die ander karakters is slegs in die een karakter se verbeelding saam met hulle op die verhoog, en
die karakter sal hoor wat die ander karakters sê, en terug praat met hulle, maar die gehoor sien net daardie een karakter.
‘n Monoloog word altyd met bewegings, in kostuum met rekwisiete gedoen.

Samespraak :
‘n Samespraak is gewoonlik ‘n uittreksel uit ‘n toneelstuk met interaksie tussen twee karakters.
Elke leerder vertolk slegs een karakter. ‘n Samespraak word altyd met bewegings, in kostuum met rekwisiete gedoen.
Groepitem / Eksperimenteel :
In hierdie afdeling is daar nie beperkings nie. Deelnemers en afrigters het kreatiewe vryheid op die verhoog.

Spreekkoor :
‘n Gedig wat deur ‘n groot groep leerders vertolk word. Daar kan gebruik gemaak word van individuele sprekers, verskillende
groepe en dan die hele groep as ‘n geheel. Hierdie item word stilstaande voorgedra, sonder bewegings, met gebare.
Die leerders of afrigter moet hierdie gedig self kies. Dit word nie voorgeskryf nie.
Verskaf asb ‘n kopie van die gedig aan die beoordelaar.

Lys van Onvoorbereide Afrikaanse Drama Items:

Alle items het ʼn 5 minute voorbereidingstyd en maksimum optrede tyd van 2 minute teensy anders gespesifiseer.

Onvoorbereide Poësie

Improvisasie Individueel

Onvoorbereide Mimiek Individueel

Advertensie Duo

Haas-uit-die-hoed-trek

Onvoorbereide Verhaalvertelling

Improvisasie Duo

Advertensie Individueel

Onvoorbereide Groepsmimiek

Improvisasie Groep

Onvoorbereide Prentvertelling

Onvoorbereide Mimiek Duo

Een Minuut Malligheid: Deelnemers word ʼn woord of tema gegee waarna hulle vir ʼn minuut oor die gegewe tema moet gesels. 1 Minuut voorbereidingstyd.

Onvoorbereide Lees: vir aanlyn deelname moet deelnemers 2 ouderdomsgeskikte boeke gereed hê waarvan die beoordelaar 1 sal kies waaruit die leerder dan sal moet lees. Vir fisiese optredes sal leerders op die oomblik die boek ontvang en dan moet lees tot die beoordelaar hul stop. Geen voorbereidingstyd.

Onvoorbereide Redenaars: Leerders lewer ʼn oorredende toespraak (2 minute) oor ʼn onderwerp wat verskaf sal word. 15 Minute voorbereidingstyd word aan leerders gegee.

Beskrywing van Onvoorbereide Items

Soos per item gestipuleer word die deelnemers tyd gegun om voor te berei. Neem kennis dat niemand toegelaat word om dan met
die deelnemers te praat of hulle te help terwyl hulle voorberei nie. Indien dit wel gebeur sal die deelnemer(s) gediskwalifiseer
word. Alle aanlyn onvoorbereide items sal per WhatsApp video oproep geskied vir die aanlyn-afdeling.

Onvoorbereide Poësie :
Leerders ontvang 5 minute voor hulle optrede die gedig. Leerders lees / dra dit dan vertolkend voor aan die gehoor.
Geen gebare word toegelaat nie.

Onvoorbereide Verhaalvertelling :
Leerders ontvang 5 minute voor optrede die onderwerp. ‘n Sinvolle storie wat leerder se eie verbeeldingsvlug uitbeeld,
moet gelewer word. ‘n Denkbeeldige gehoor van enige ouderdom kan gekies word. Ouderdom van die gekose gehoor moet
in aanmerking geneem word.

Onvoorbereide Prentvertelling :
Leerders ontvang 5 minute voor optrede die prent. ‘n Sinvolle storie wat leerder se eie verbeeldingsvlug uitbeeld,
moet gelewer word. ‘n Denkbeeldige gehoor van enige ouderdom kan gekies word. Ouderdom van die gekose gehoor moet
in aanmerking geneem word.

Een Minuut Malligheid :
Deelnemers word ‘n woord of tema gegee waarna hulle vir ‘n minuut oor die gegewe tema moet gesels.
1 Minuut voorbereidingstyd.

Onvoorbereide Mimiek :
‘n Storie wat slegs met bewegings en gebare uitgebeeld word. Die storie moet ‘n duidelike begin, middel en einde hê.
5 minute voorbereidingstyd word aan deelnemers gegee.
(Grimering, handskoene en musiek word wel toegelaat maar is nie ‘n vereiste nie)

Advertensie :
Leerders moet ‘n realistiese of onrealistiese advertensie uitwerk vir ‘n lukrake item
5 Minute voorbereidingstyd word aan leerders gegee.

Onvoorbereide Lees :
Vir aanlyn deelname moet deelnemers 2 ouderdomsgeskikte boeke gereed hê waarvan die beoordelaar 1 sal kies waaruit die
leerder dan sal moet lees. Vir fisiese optredes sal leerders op die oomblik die boek ontvang en dan moet lees tot die beoordelaar
hul stop. Geen voorbereidingstyd.

Onvoorbereide Redenaars :
Leerders lewer ‘n oorredende toespraak (2 minute) oor ‘n onderwerp wat verskaf sal word.
15 Minute voorbereidingstyd word aan leerders gegee.

Improvisasie :
‘n Storie wat uit die vuis of onvoorbereid gelewer word. Die leerder sal 5 minute voor die aanvang van die item deur die
beoordelaars ‘n onderwerp gegee word. Die leerder moet dan vanaf daardie onderwerp ‘n storie uit die vuis uit opmaak.
Die storie moet ‘n begin, middel en einde hê. Dit kan of die vorm van ‘n monoloog aanneem, of die van ‘n prosa. Hierdie item
word met bewegings gelewer. Bewegings beteken dat die verhoog gebruik word om oor te beweeg. Slegs gebare word nie
gesien as gedramatiseerde werk nie. Geen kostuums of rekwisiete mag gebruik word nie.

Haas-uit-die-hoed-trek :
Leerders trek ‘n lukrake item uit ‘n houer en moet ‘n storie met ‘n duidelike begin, middel en einde uitwerk.
5 Minute voorbereidingstyd word aan leerders gegee.

List of Prepared English Drama Items

All items are limited to two minutes performance time unless otherwise specified.

Limerick

Prepared Reading

Prepared Mime Duo

Own Choice Poetry

Monologue

Dramatised Prose

Advertisement Duo

Own Choice Poetry

Duologue

Prescribed Poetry

Still Standing Prose

Prepared Groupmime

Bible Prose

Rap / Slam Poetry

Dramatised Poetry

Dramatised Poetry with props

 

Recipe Demonstration

Prepared Mime Individual

Advertisement Individual

Choral Verse (5 minute performance time)

Group Item / Experimental (5 minutes performance time)

Public Speaking (Open Theme) Gr1-3 (2-4min)  Gr4-5 (3-5min)  Gr6-7 (4-6 min)  Gr8-12 (5-7 min)

Description of prepared items

Keep the age and ability of the learners in mind when making the selections.

Own Choice Poetry :
An age appropriate poem presented with no movements (No gestures and movements allowed)

Prescribed Poetry :
An age appropriate poem presented with no movements (No gestures and movements allowed)

Limerick :
Is a humorous five-line poem with a rhyme scheme aabba. (No gestures and movements allowed)

Dramatised Poetry :
A poem chosen by the learner is rendered with appropriate movements, for which the whole stage must be used effectively.
Gestures alone do not constitute a poem as being dramatised. No functional props such as a vase or a broom etc allowed.
No costume. A chair / ladder / drama block is allowed to create levelling.

Dramatised Poetry with props :
A poem chosen by the learner is rendered with appropriate movements, for which the whole stage must be used effectively.
Gestures alone do not constitute a poem as being dramatised. Functional props to enhance the performance must be used.
Costume allowed. A chair / ladder / drama block is allowed to create levelling.

Rap / Slam Poetry :
An own choice poem performed on stage with or without an instrument. (Movements and gestures are acceptable)

Still Standing Prose :
Prose that is rendered without any movement or gestures. Prose represents a story. Normally prose has more than one character,
as well as a narrator. The important part of the story is presented from different view points and narrating the story is the most
important part of prose. The learners choose their own prose, according to the prescribed time limit. 2 Minutes.
No costumes or any kind of prop may be used, a chair or drama block only as a seat.

Dramatised Prose :
The learners chooses his / her own prose and renders the piece, using appropriate movement. The full stage space should be
utilized. Gestures alone cannot be seen as dramatisation. Prose portrays narrative parts, as well, as characterisation of the various
characters. Learners are to perform in neutral black clothes with no prints. Functional props / drama block / chair / ladder and
costumes may be used.

Bible Prose :
Any extract from the Bible is rendered without reading. No movements or gestures. Props such as the Bible, cussions or candles
may be used.

Advertisement :
Learners are to prepare and present a realistic or unrealistic advertisement for a chosen product.

Prepared Mime :
The prepared story must have a definite beginning, middle and conclusion. Gestures alone cannot be seen as dramatisation.
No costumes or props may be used. The title of the story must be announced before the performance or displayed on a board to
the audience.

Recipe Demonstration :
Learners do a demonstration of a basic recipe on stage as if the audience is watching a cooking show such as Master chef.
Learners should bring their own ingredients. Time limit is 2 minutes. Learners are to perform in school uniform, or in neutral black
clothes with no prints or in a suitable costume.

Prepared Reading :
Participants prepare an extract from a book of their choice and read it to the audience.
Public Speaking (Open Theme) :
Public Speaking on any theme. Time limit: (Gr1-3 2-4min) (Gr4-5 3-5min) (Gr6-7 4-6 min) (Gr8-12 5-7 min)

Monologue :
An extract from a play is performed by the learner. He / she acts the part of one character only. The difference between prose and
monologue is: Prose will narrate the story of Rapunzel but in a monologue the learner is Rapunzel. There may be more than one
character in the play, but the learner acts only the part of one. The other characters are only imaginary characters and not seen on
stage. The learner may listen to the other characters, but only his/her response is heard on stage. Monologues are presented on
stage using / including appropriate costumes, sound effects and decor.

Duologue :
Is an extract from a play performed by two learners.They act out the roles of two different characters, interacting with one another.
Each learner performs only one character. Movement across the stage is necessary. Costumes and props may be used.

Group Item / Experimental :
There are no limitations to this item. Learners and teachers have creative freedom on stage. Maximum 10 minutes.

Choral Verse :
A poem rendered by a large group of learners without any movements, but gestures are allowed.
Costumes and props may be used. A copy of the poem must be handed to the adjudicator.

List of Unprepared Prepared Items

All unprepared items will be allowed 5 minutes preparation time except where indicated otherwise.

Cat-out-the-hat

Unprepared Mime Duo

Unseen Stilstanding Poetry

Improvisation Duo

Improvisation Group

Unprepared Mime Group

Advertisement Duo

Improvisation Individual

Unprepared Mime Individual

Unseen Story Telling

Advertisement Individual

Unseen Story Telling from a Picture

One Minute Madness (Learners will have 1 minute preparation time for this item)

Unprepared Public Speaking (15 Minutes preparation time will be allowed)

Unprepared Reading: For online participation the participants must have 2 books on hand. The adjudicator will select 1 of the books and the learner will read an extract from that book. For physical performance the learner will be expected to read an extract from a book provided by the adjudicator.(No preparation time)

 

Description of unprepared items

As stipulated participants will be given limited time to prepare for the items. Please refrain from helping any learners when they
prepare. No communication with them will be allowed during this time. Doing so will result in disqualification.
All online unprepared items will be presented via a live Whatsapp video call / zoom.

Unseen Stilstanding Poetry :
Learners will be given the poem 5 minutes prior to participation.
The poem must then be read / performed with expression and emotion. No movements or gestures are allowed.

Unseen Story Telling :
Learners will receive a topic 5 minutes before the start of the item. The story must be meaningful and display the learner’s creative
and imaginative abilities.

Unseen Story Telling from a Picture :
Learners will receive a picture 5 minutes before the start of the item. Learners must create a meaningful story with a beginning,
middle and ending. The story must display the learner’s creative and imaginative abilities.

One Minute Madness :
Learners will have 1 minute preparation time for this item. They will receive a word or theme from the adjudicator and will have to
speak for one minute on the given theme or word. Vocabulary, flow and creativity will be marked.

Unprepared Mime :
Learners tell a story on a theme given to them using only movements and gestures.
(Make-up and white gloves are acceptable but not a prerequisite) 5 Minutes preparation time will be given.

Improvisation :
The learner receives a topic from the adjudicator. 5 Minutes preparation time will be allowed. An original story, which has a definite
beginning, middle and end should be prepared. This may be either prose, or a monologue. The performance must be accompanied
by appropriate movement and use of the full stage space.

Cat-out-the-hat :
Learners will draw a random item and will have to present a story with a beginning middle and ending to the audience using the
item as part of the story. 5 Minutes preparation time will be allowed.

Advertisement :
Learners will be given a random item and will have to present a realistic or unrealistic advertisement for the given product.
5 Minutes preparation time will be given.

Unprepared Reading :
For online participation the participants must have 2 books on hand. The adjudicator will select 1 of the books and the learner will
read an extract from that book.For physical performance the learner will be expected to read an extract from a book provided by
the adjudicator. No preparation time.

Unprepared Public Speaking :
15 Minutes preparation time will be allowed then learners are expected to present a 2 minute public speech on the given theme.

Kuns Afdeling / Art Section

Kunswerke moet die leerders se eie oorspronklike werk wees. Daar is geen voorgeskrewe tema nie. Die tema van die kunswerk is die leerder se keuse. Leerders mag vir meer as een item in hierdie afdeling inskryf. Alle inskrywings moet op A4 of A3 papier of karton gedoen word. Die kunwerk kan op karton gemonteer word, geen glas rame nie.

All entries must be the learners’ own work. There is no prescribed theme for the artwork. Learners can decide on the theme of their artworks. Learners may enter in multiple items of the art section. All entries must be done on A4 or A3 paper or board. Artworks can be mounted on cardboard no glass frames.

Lys van items / List of items

Potlood / Pencil

Pastel

Verf / Paint

Vetkryt / Wax crayons

Multi-Media

Houtskool / Chalk

Verjaarsdagkaartjie / Birthday card

Mosaiek / Mosaic

Beeldkuns 3D KUNS / Molding 3D ART

Oop / Open

Fotografie /  Photography

 

 

Slegs ammanteur fotografie met foon of kamera afgeneem en gedruk op A4/A3

Only amateur photography of shots taken with phone or camera printed on A4/A3

Maak asb seker dat die kunswerke met die onderstaande kunsinskrywingstrokie duidelik gemerk is. / Please ensure that the artwork is marked with the tag below.

Vokale Afdeling / Vocal Section

Optredes word beperk tot 2 minute. Inskrywings vanaf voorskool – Gr12 word aanvaar vir hierdie genres. Die onderstaande genres kan as solo of duet item ingeskryf word.

Maak asb onderskeiding tussen klankbaan, begeleiding en acapella. 

Performances are limited to 2 minutes. Entries from pre-school – Gr12 is accepted in the following genres. The following genres can be entered as solo or duet items:

Please distinguish between backtrack, accompanied or Accapella.

 

Klankbaan / Backtrack of-or  Begeleiding / Accompanied of-or Acapella/ Accapella

Jazz

Modern

Movies

Musical / Broadway

Pop / Rock

Classical

Contemporary

Traditional

Gospel /  Inspirational

Country

Ballad

Pop

R&B

Rap

Rock or Light Music

Kore / Choirs

Algemene Reëls:  

Transposisie is toelaatbaar.

Maak van eie keuse gebruik maar maak seker dat die standaard by die ouderdomsgroep pas. Die standaard van die werke sal by die beoordeling in aanmerking geneem word.

‘n Afskrif van die koorwerke moet voor die optrede aan die beoordelaar oorhandig word.

Begeleiding deur middel van klavier of enige ander musiekinstrumente is toelaatbaar geen klankbane nie.

General Rules:

Transposition is allowed.

Own choice is allowed, but ensure that the standard is age-appropriate. The standard of the work will be considered when adjudicating.

A copy of the choir worksheet must be handed to the adjudicator before the performance.

Accompaniment by piano or any other musical instrument is allowed but no backtracks.

Afdelings:

(A) Laerskool Junior Koor (B)   Laerskool Senior Koor   (C)  Hoërskool Koor

Program van 2 liedere word aangebied, een – of meerstemmig ( 6-30)  lede per koor. (Maksimum 10 minute optree-tyd)

Die liedere moet kontrasterend van aard wees en kan in enige taal gesing word.

 

Categories:

(A) Primary School Junior Choir (B)  Primary School Senior Choir (C) High School Choir

A program with 2 songs should be presented – two or more voices 6-30 members per choir. (Maximum 10 minutes performance)

Songs must be contrasting in nature, and can be sung in any language.

Afdeling Instrumentaal / Instrumental Section

Inskrywings vanaf voorskool – Gr12 word aanvaar vir hierdie afdeling in die volgende items:

  1. Klavier 
  2. Klawerbord 
  3. Viool 
  4. Blokfluit 
  5. Kitaar 
  6. Dromme 

Optredes word beperk tot 2 minute. Inskrywings vanaf voorskool – Gr12 word aanvaar vir hierdie genres.

Entries from pre-school – Gr12 are accepted in the following items:

  1. Piano
  2. Keyboard
  3. Violin
  4. Recorder
  5. Guitar
  6. Drums

Performances are limited to 2 minutes. Entries from pre-school – Gr12 is accepted in the following genres:

Die onderstaande genres kan as solo of duet items ingeskryf word. The following genres can be entered as solo or duet items:

Light Music

Jazz

Modern

Movies

Musical / Broadway

Gospel /  Inspirational

Pop / Rock

Country

Traditional

Contemporary

Classical

Cabaret

Blues

Ballad

Pop

R&B

Rap

Rock

 

 

Dans Afdeling / Dance Section

Optredes word beperk tot 2 minute.

Dans kategorieë:

  1. Individueel
  2. Duet
  3. Trio 
  4. Kwartet

Performances are limited to 2 minutes.

Dance categories:

  1. Individual
  2. Duet
  3. Trio 
  4. Quartet

Lys van Dans Items / List of Dance Items

Ballet

Ballroom

Bhangra

Cha-Cha

Classical

Contemporary

Disco

Energy

Free Style

Hip Hop

Jazz

Jive

Modern

Paso

Samba

Slow Dance

Spanish

Tango

Tap

 

Afdeling Kreatiewe Skryfkuns / Creative Writing Section

Skryfkuns / Creative Writing

Afrikaanse Skryfkuns

Skryfkuns word in die volgende groepe beoordeel:

Graad 1 tot 3

Graad 4-5

Graad 6-7

Graad 8-9

Graad 10-12

Items:

  • Selfgeskrewe Storie (Oop tema)
  • Selfgeskrewe Poësie (Geen beperking op tema of tipe gedig of lengte)
  • Selfgeskrewe Limeriek (Oop tema)

 

Aantal woorde vir selfgeskrewe storie:

  • 80 tot 150 woorde vir graad 1 tot 3
  • 200 tot 300 woorde vir graad 4 en 5
  • 300 tot 400 woorde vir graad 6 en 7
  • 300 tot 400 woorde vir graad 8 en 9
  • 400 tot 550 woorde vir graad 10 en 12

English Creative Writing

Creative Writing will be adjudicated in the following groups:

Grade 1 tot 3

Grade 4-5

Grade 6-7

Grade 8-9

Grade 10-12

Items:

  • Self-written Story (Open theme)
  • Self-written Poetry (Open theme, any type of poem and any length)
  • Self-written Limerick (Open theme)

 

Amount of words for a self-written story:

  • 80 to 150 words for grades 1, 2 and 3
  • 200 to 300 words for grades 4 and 5
  • 300 to 400 words for grades 6 and 7
  • 300 to 400 words for grades 8 and 9
  • 400 to 550 words for grades 10 to 12

Afdeling Video / Video Section

Video

In hierdie afdeling het die deelnemers kreatiewe vryheid. Video inskrywings moet ‘n titel hê. Klank, teks, dialoog, dans en musiek mag ingesluit word. Geen kopiereg mag geskend word nie, dit moet die deelnemer se oorspronklike werk wees. Enige platform mag gebruik word vir die maak van die video bv TikTok, Vimeo, Youtube. Videos wat nie van goeie smaak is sal gediskwalifiseer word.

Video’s word in die volgende groepe beoordeel:

  • Graad 1 tot 3
  • Graad 4 en 5
  • Graad 6 en 7
  • Graad 8 en 9
  • Graad 10 en 12

Inskrywings fooie: R 60 per video

Video Items

Lip Sinchronisasie

Dans

Advertensie

Aankondiging

Oop

In this section the participants have creative freedom. All entries should have a title. Sound, text, dialogue, dance and music maybe included in the video. The video should not infringe any copyright law and be the creative originality of the participant. Any platform may be used to make the video TikTok, Vimeo or YouTube. Videos of a vulgar or offensive nature will be disqualified.

Videos will be adjudicated in the following groups:

  • Grade 1 to 3
  • Grade 4 and 5
  • Grade 6 and 7
  • Grade 8 and 9
  • Grade 10 and 12

Entry fees R 60 per video

Video Items:

Lip Sync

Dance

Advertisement

Announcement

Open

Gedigte Afdeling / Poem Section

Afrikaanse Voorgeskrewe Gedigte

Voorskool Pasop / Spesiale dag / O’Koek / My toeteldier

Pasop deur Gloudine Kellerman

Mamma is ‘n gawe vrou,

‘n vrou van wie ons almal hou.

Daar is net een ding

Wat ek wil stop…

Daai oë agter op haar kop.

Spesiale dag deur Elmarie Kitshoff

Moedersdag is ‘n mammas

Vadersdag is vir pappas.

My verjaarsdag is vir my.

Dis wanneer ek geskenke kry.

O’Koek deur Fanie Viljoen

Die koek was op die rak.

Nou lê dit op die vloer.

Is dit waarom boetie

So om die hoekie loer?

My troeteldier deur Engela Duvenage

Wat ek wil hê is ‘n krokkodil.

Ma sê: “Nee dit laat my gril”

Toe vra ek vir ‘n sjimpansee.

Ma sê: “Nee! O aarde, nee!”

Toe kies ek ‘n gemmerkat.

Ma sê: “Goed gekies, my skat”

Graad 1 Die Verkleurmannetjie / Lekker eet

Restaurant deur Jaco Jacobs

Ek is die een wat die alfabet burp.

My Pa is die een wat sy melkskommel slurp.

My sussie druk graag slaptjips in haar neus.

Ouma sukkel altyd om die spyskaart te lees.

Wanneer ons uiteet, kom my hele gesin saam.

En my ma is die een wat haar morsdood skaam

Lekker eet – Nicci Thabo

Pampoen vir die brein

Wortels laat die hare skyn

Appels sommer twee ‘n dag

laat vir seker die tandarts wag.

Groente is goed,

Ma sê dis ‘n moet

al kos dit soms baklei

om dit in my keel af te kry!

Graad 2 Tekkies / Restaurant

Tekkies

Tekkies is mooi en tekkies is cool

tekkies laat jou voete lekker voel

tekkies is mode tekkies is funky

maar hier kom die nare klankie

want ná stap en draf is dit tekkies se lot

om sleg te ruik en kwaai te vrot

Ons kombuis

Ons kombuis is klein

Ons kombuis is groen

Hier word alles in een dag gedoen.

Dit stoom en dit kook,

Dit ratel en dit raas,

Hier is my liefste

Mamma die baas.

Graad 3 Die Vis / Gogga-parade

Die Vis deur Marie Niemeyer

Ek is ʼn wilde, woeste haai

wat jakker in ʼn vreemde baai.

Ek flits deur water diep en blou

om snoek te vang en kabeljou.

O, ek is ʼn woeste vis.

Hul koes maar as ek honger is.

Hul’s bang vir my; ek swem so gou.

Ek spoor hul op en vreet hul rou.

Ek dartel oral heen en weer,

die branders slinger op en neer.

Hul breek in skuim, ek duik weer in,

bo sien hul net my skerpe vin.

Nou gly ek oor die diep seesand;

maar ag, daar’s Ma weer buitekant!

“Spat jy al weer die vloere nat?

Karools, klim dadelik uit die bad!”

Gogga-pardade deur Fanie Viljoen

Wat wir-r so?

Wat tjir-r so?

Wat klap-p so?

En kir-r so?

Sien ek reg? O, genade!

Dis die gogga-parade.

Is dit waar? Ag nee!

Oor my piekniekkombers.

Met min buig en min bars

kom die goggas se mars

oor die beet- en groenslaai,

die boerewors vir die braai.

Hulle vat, sonder vra,

tot die poeding en vla!

Hierdie gogga-hoofweg

dra my hele piekniek weg

Graad 4 Monster / Verslaap

Monster deur Louwretta Drake

Daar is ‘n monster onder in ons gang.

Net vanaand gaan ek hom vang.

Hy wag altyd tot ons almal slaap

en begin dan om ‘n trekker na te aap.

Ek hoor hom nou in Ma-hulle se kamer raas:

Grrr phew, grrr phew. Dis hy wat so blaas.

Ek sien hom in die kol van my flitslig.

O jissie, ek ken mos daardie gesig!

“Ag nee, my kind, ek slaap dan so lekker”

 “Maar Pa, jy klink dan nes ‘n trekker!”

Verslaap  (Anoniem)

Vroeg vanmôre toe die reën begin

kruip ek diep-diep onder my kombersie in.

Toe ek eindelik wakkerskrik,

weet ek hierdie dag het skeef begin.

Ek gryp na skoen en trui,

want Pa wil sommer dadelik ry.

Daar sit nog wit skuim om my mond,

maar ons ry, want die klok gaan lui!

Skaars sit ons in die klas of ek gryp my hart vas:

ek het my wiskundeboek vergeet . . .

Vandag is skool ʼn ware las.

Maar toe sê kwaai juffrou Louw (haar oë is mos so bibberblou):

“Bêre maar julle boeke, klas,

Juffrou het nie vandag haar boek onthou!”

 Vroeg vanmôre toe die reën begin,

kruip sy diep-diep onder haar kombersie in.

 Toe sy eindelik wakkerskrik,

weet sy hierdie dag het skeef begin.

Graad 5 My Pa die skaatsplank-kampioen / My hond is slimmer as joune

My pa die skaatsplank-kampioen deur Jaco Jacobs

My pa was glo op sy dag

‘n skaatsplank-kampioen

Die wildewragtig van die buurt

Wat waaghalstoertjies doen.

Toe ek ‘n nuwe skaatsplank kry,

Sê Pa “Laat ek probeer

Daar is beslis ‘n ding of twee

Wat jy by my kan leer”

Die einde kan jy seker raai:

Die skaatsplank is in stukke,

Die skuifdeur kort ‘n nuwe ruit

En my Pa loop met krukke.

m

My hond is slimmer as joune deur Jaco Jacobs

Jy sê jou hond het honderede

slim toertjies geleer

en dat hy ‘n beskuitjie

op sy neus kan balanseer

Maar my hond is slimmer as joune!

Jy sê jou hond kan enige

Hindernisbaan voltooi,

En dat hy ‘n stok kan terugbring

As jy dit vir hom gooi

Maar my hon dos slimmer as joune!

Jou hond verstaan bevele

Soos “sit” en “blaf” en “lê”,

Jou hond is so gehoorsaam

En doen alles wat jy sê….

Maar my hond is slimmer as joune!

Bewyse? Maar natuurlik!

Ek dog jy gaan nooit vra nie!

Maar…..uhm…. my hond lees nou koerant

En ek wil hom nie pla nie.

Graad 6 Drome / Sprokies met ‘n twist

Drome deur Jaco Jacobs

Is wetenskaplikes se drome

Vol mollekules en atome?

Droom dokters van medisyne

En siektes en skete en pyne?

Sal ‘n mielieboer, al is hy moeg,

Steeds in droomland aanhou ploeg?

Maak slapende loodgieters korte mette

Met lekkende krane en toilette?

Is bakkers se drome suikersoet,

Vol tert en koek en lekkergoed?

En laat stout kinders soos ek en jy

Onderwysers snags nagmerries kry?

Sprokies met ‘n twist deur Santie Nel

Kyk, ek hou van sprokies,

Maar soms sit ek en peins

En wonder hoekom helde

Geskets word so sonder breins?

Vat Doringrosie

Se prins wat haar bekoor.

Hoekom sukkel hy met die heining?

Nog nooit van ‘n chainsaw gehoor?

En wat van Gouelokkies,

Wat verjaag word uit die bed?

Ek laat my nie so verskreeu

Ek bel my prokureur. No sweat!

Daar is ook Aspoestertjie wat haar skoen

Voor middernag verloor

Girly, jy stel jou wekker

As die fee met jou toor

En laastens Sneeuwitjie,

Wat die heks se appel eet

Was jy op cloud nine, liefie?

Of al op ‘n streng diet?

Ja, ek hou van sprokies,

Maar steeds sit ek en peins

Hoekom word die helde

Geskets so sonder breins?

Graad 7 Ons nuwe juffrou / 34 November

Ons nuwe juffrou deur Jonelle Du Toit

Voor die bord staan ‘n baie groot vrou,
sy is sowaar besig om kougom te kou.
Haar skouers is breed soos ‘n rugbystut.
Haar rok is pers, haar skoene groot en wit.
“My naam is juffrou Zonderkop,”
en toe steek sy ‘n dik sigaar op.
Sy gooi haar kop agteroor en lag wild,
doen ‘n karate kata dat haar kuite bult.
“Graad sewe is geen grap nie!” bulder sy.
“Ek is hier om julle in die hoërskool te kry!”
Toe doen sy die briekdans tot by die deur en sê:
“Kom nét laat en kẏk wat gebeur!”
Die hele klas begin te proes en lag!
Toe sê sy iets wat niemand verwag:
“Ek gaan net gou geld op die perde wed,
as die skoolhoof kom, moet jy my bas red!”
Almal kyk haar baie verbaas agterna,
maar niemand waag dit om ‘n vraag te vra.
Wel, daar is iets wat ek doodseker weet:
Hierdie skooljaar sal ons nimmer vergeet!

34 November deur Jaco Jacobs

Die 34ste dag van November,

Is ‘n spesiale dag!

Ma roe pons vir middagete,

Skuins voor middernag.

Ons eet kraakvars dodo-eiers,

Skiet mekaar met spek

En drink liters krokkodilmelk

Wat ons van die vloer aflek.

Dan tek on sons pijamas aan,

Stap skool toe met die bus,

Waar ons heeldag leer

Asof dit skoolvakansie is

Op die hokkieveld druk ek ‘n drie

Terwyl ons krieket speel,

En ek word sowaar gekies

As die tennisspan se vleuel.

Vroegoggend toe ek moeg is

Na die dag se vervelige pret,

Borsel ek my tande en ek klim

In my sklipadverebed.

Ek trek my drafpantoffels aan,

En gee ‘n op en wakker gaap.

Die harde lui van my wekker

Sus my saggies aan die slaap

So, onthou gerus die datum

Dis ‘n dag vol speel en lag

34 November

Is Nasionale Nonsensdag.

Graad 8 Dertien / Dinge wat tieners haat

13 deur Beth Murray

Dertien, is mislik en eensaam en lomp
is oorgevoelig en afgestomp
is verlang na ‘n held wat sesuur kom klop
en sê ek laai jou nou-nou op
vir vanaand se fliek en pizzas eet
(al voel ek verleë en natgesweet)
ek droom my lyf is voorbladmooi
ek wens ek was Neil Spark se nooi
Maar…..so what ek koop maar warm chips
taaitoffies en coke en chocolate dips
en skryf op my hand
You know how I feel
Debra is in love with Neil
en ek tjank oor die maan wat so sag
en so ver soos ‘n droom lyk vannag
hier waar ek voor my kamervenster kniel
en bid: ag Here ag bless vir Neil.

Dinge wat tieners haat deur Jonel du Toit

Hier volg ‘n blitskursus oor wat om te vermy
as jy ‘n tiener graag aan jóú kant wil kry.
Let baie mooi op waarteen jy moet waak;
hier volg dinge wat ouers ongewild kan maak:
“Johanna Petronella Frederika du Preez.”
As jul ons doopname gebruik, wil ons hardop skree!
“Hoe vind jy iets in jou kamer, dis ‘n varkstal?”
Ma se handsak lyk erger, dit maak mens mal.
“Is daai kort rok ál wat jy gaan aantrek?”
En kyk hoe lyk Pa, daai top is so-o-o uitgerek!
“Met wie praat jy op die foon, heeldag?”
Ek het vriende, wat het julle verwag?
“Is jy oukei, is daar iets waaroor jy wil praat?”
Tieners vra hul vriende, nié hul ouers se raad!
“Is daar iemand op wie jy ‘n ogie het?”
Ag nee! Die vraag is teen die tienerwet!
So dis maklik, vermy hierdie vrae en jy’s ‘n wenner.
Glo my , op daai gebied is ek ‘n kenner!
My raad kom nie verniet, so hier is my pet.
‘n Sagte kollekte is welkom – of nét wat jul he.

Graad 9 Lag weer, Pa / Anyway

Lag weer, Pa

Pa, jy staan so stil
Hier op die duin.
Jou pyprook hang soos
uitgereënde wolkies in die lug.
Jou lag het weggedroog,
dit het verander in ‘n sug.
Dit sal weer reën, my pa.
Pa sal sien,
ons moet net vra,
ons stemme moet net mooi
in die warm hemel klag
Dan sal die bliksem
Pyp opsteek en wolke blaas.
En Pa sal weer
‘n rooigrasduinpa
wees

Anyway deur T. Coetzer

Wat ek wou sê is nie vir almal om te hoor nie
Ek wil dit fluister teen die wind in
sodat dit deel word van alles
wat jy doen en is.
Son wat padlangs uitstroom oor hierdie teerpaaie en
grashellings.
Wanneer ek buite loop en opkyk in hierdie rookwit lug
wil ek jou gebare herken in die wolke,
jou stem in sonsondergang-voëls in stil strate
in elk geval
wanneer hulle wonder en vra, wanneer jy twyfel in jou

– anyway when you do that –
wil ek weet van diepsinnighede en gekheid en jy weet
Anyway ja in elk geval
Luister, die wind kom op
Daar’s iets op sy tong…

Graad 10 Hemel / My hart is in intensive care

Hemel deur Lina Spies

My kat is geel soos ‘n papawer
met oë nes botterblommetjies
en ‘n voetstap ligter
as ’n sonstreep oor die water.
Die mossies in my tuin
het koppies rond soos okkerneute
en ligte lyfies soos gepunte blare.
Maar op ’n dag
skerp naels tussen fyn veertjies
en meteens die angs
gestem op die kwint van ‘n klein stemmetjie.
Dis dan dat ek my voet botter smeer
om langer hier te bly
en nie byvoorbaat weg te loop na daardie land
waar die wolf by die lam gaan wei
en die mossie haar eiertjies
tussen die pootjies van die kat sal lê.

My hart is in intensive care deur Jak de Priester

My hart is in intensive care.
My hart word rein gewas.
My hart is soos die digter sê,
Op al die plekke waar ons eenmaal was.
My hart is soos ‘n nagmaalbrood,
Gebreek tot net ‘n stuk.
Hoe kry mens dit dan reg
Om ‘n gebroke hart weer reg te ruk?
Want Baby, jy is my lewe.
Baby, jy is my huis.
Baby, jy is ‘n lovesong
Wat oor die see na jou toe reis.
Baby, jy’s my trane (in ‘n hartklop) vasgevang
En Baby, jy’s die een na wie my hart vanaand verlang
Ek voel vanaand so soppy
Soos ‘n digter met ‘n sigaret
En ‘n halwe bottel rooiwyn
Op die tafel langs my bed.
En ek dig tot in die nag se slaap,
Ek dig my hart gesond.
Vat ‘n slukkie van die rooiwyn,
Blaas ‘n rookie uit my mond.
Ek los ‘n boodskap op jou voicemail.
Was dit nou die regte ding?
Toe ek dit laaskeer gedoen het,
Het ek ‘n lovesong gesing.

Graad 11 Picasso / Draai na my

PICASSO deur Phillip de Vos

Neef Pablo R Picasso
was ‘n rare verf-en-kwas-ou.
Eens in agtien een-en-tagtig
sê sy Spaanse mamma: “Wragtig!
‘n Kennis van anatomie
het kleine Pablo werklik nie.
As hierdie kind sy dors wil les,
suig hy my oor – die kleine pes!
Ai, ek is worried en bevrees
my bybie gaan nόόit fymis wees.”
Maar tog is sy verkeerd bewys:
Op neëntien reis hy na Parys.
Picasso wou ‘n skilder wees,
want dan sou hy gewilder wees.
Sy eerste werk was pessimisties:
Als was blou en realisties,
maar kort daarna word als rooskleurig –
alte pragtig, pienk en keurig.
Maar, toe hy op sy bril gaan sit,
skrik Pablo sy kiewe wit.
Alles, alles lyk skoon gek –
‘n neus sit op die piepie-plek.

Niks, ja niks lyk realisties.
En deur sy erg gekraakte lens
vul hy oplaas sy beurs . . . plus pens.
dra Pablo na ‘n ramp soos dié,
want deur sy bril lyk als kubisties.
Geen kennis van anatomie

Draai na my deur Louis Esterhuizen

Daar sal dae wees
wanneer die wêreld onkant
draai, dae wanneer
die grond hardnekkig tree vir tree
terugstamp en daar geen holte
te vinde is nie, dae wanneer
die son ‘n goiingsak is agter miswolke
en alles wanstaltig teenoor mekaar
bly staan, dae wanneer
die gelag van vriende
jou grief, wanneer jy sal voel: niks of
niemand, daar is geen sin
of heenkome nie en jy sal terugtrek
na jou binnekamer en sien
hoe oud jy geword het, hoe verlore
die tye toe jy onbevange jou weg
deur watter gesprek ook al kon vind
en alles vreugde was.
Onthou dan om na my te draai en te sien
hoe dit is: die manier waarop ek
steeds na jou kyk.

Graad 12 ‘n Paternoster vir Suid-Afrika / Ek het van jou gedroom

n Paternoster vir Suid-Afrika deur Lina Spies

Here,laat die name geheilig word
van al die kinders in die land –
van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale,
Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die loonjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die sonheuwels uit te wei.
Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.
Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery het
en kaalvoet geloop het nie,
en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is ‘n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie…
Aan U behoort die land
en die son
en die skape van Sy weiding
Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie
en deel U self die lootjies uit

Ek het van jou gedroom

Ek het van jou gedroom gisteraand,
Want vanoggend was my kussing
Nog gedimpel met jou gesig.
Ons was op die strand gewees,
Want tussen die lakens op my bed
Was daar sand by die voetenent.
Ons het hande vasgehou,
Want my palm was nog warm
En my vingers gevorm soos jou hand.
In my droom moes ons gesoen het,
Want my lippe was klam,
Soos jou smaak in my mond opdam.
Ons het saam aan die slaap geraak,
Want my rug was koud,
Maar my voorlyf warm ge-lepel.
In my droom wou ek nog iets vir jou fluister,
Jou met ‘n laaste gedagte toevou,
Want op my tong ontdek ek drie woorde:
Ek en Lief en Jou.

English Prescribed Poems

Pre School What do you suppose? / The play park / Petshop / Chapstick

What do you suppose? by Helen Moore

What do you suppose?
A bee sat on my nose!
What do you think?
He gave me a wink
And said: “I beg your pardon
I thought YOU were the garden!”

Petshop by Susan du Preez

The fish in the bowl

The parrot in the cage

The dog and the cat

Look happy and fat

The play park

The jungle gym is lots of fun
The skateboard has no hooter
We go quickly down the slide
Where can we go and hide?

Chapstick by Kenn Nesbitt

My brother said “ Give me the chapstick

my lips are chapped as can be”

He snatched up my gluestick and used it.

He still isn’t taking to me.

Grade 1 Shopping / Shaking at my desk

Shopping by Susan du Preez

I always push the trolley

When we go to the shop

My mommy buys a lot of food

That makes me feel so good

Tomatoes and potatoes

The basket is full

Is your money enough

To pay for all the stuff?

Shaking at my desk by Denise Rodgers

The story that I am writing

Is as scary as can be,

I am shaking at my desk

Because it is even scaring me.

I am scared to see

What happens to the monster

Is he coming after me?

 

Grade 2 If you should meet a crocodile / I called my teacher Mommy

If you should meet a crocodile

If you should meet a crocodile
Don’t take a stick and poke him;
Ignore the welcome in his smile,
Be careful not to stroke him.
For as he sleeps upon the Nile,
He gets thinner and thinner;
And whenever you meet a crocodile,
He’s ready for his dinner.

I called my teacher Mommy by Cally Dagos

I called my teacher Mommy

What a silly thing I have said!

I called my teacher Mommy

I have fluff in my head!

I called my teacher Mommy

Now my face is apple red

Grade 3 How not to have to dry the dishes / April fool

I brought my grandma’s teeth to school

I brought my grandma’s teeth to school
to share for show-and-tell.
Billy showed his sneakers.
It was more like show-and-smell.
Kevin brought a violin and showed he couldn’t play.
Katie brought a snake to school – too bad it got away.
Our class likes show-and-tell a lot,
so we were sad to hear
our teacher say that show-and-tell
is cancelled till next year.

April Fool by Myra Livingston

The maple syrup’s full of ants.
A mouse is creeping on the shelf.
Is that a spider on your back?
I ate a whole pie by myself.
The kitchen sink just overflowed.
A flash flood washed away the school.
I threw your blanket in the trash.
I never lie…… I ……. APRIL FOOL!

Grade 4 Mother is a detective / All my great excusses

All my great excuses by Kenn Nessbitt

I started on my homework,

But my pen ran out of ink…

My hamster ate my homework…

My computer is on the blink…

I tripped and dropped my homework

In the soup my mom was cooking…

My brother flushed it down the toilet

When I wasn’t looking

My mother ran my homework

Through the washer and the dryer

An airplane crashed into our house…

My homework caught on fire…

Tornadoes blew my  notes away…

Volcanoes rocked our town…

My books were taken hostage

By an evil killer clown…

Some aliens abducted me…

I had a shark attack..

A pirate swiped my homework

And refused to give it back

I worked on these excuses

So darned long my teacher said:

“ I think you will find it easier

To do your homework instead”

Mother is a detective

Our mother is a detective,

She is great at finders of clues,

She found the mud and grass on our shoes,

When we were told not to go in the park –

Because it would be getting dark

But come straight home.

She found the jam on our thumbs,

And in our beds the tiniest crumbs

 From the cakes we said we had not eaten.

When we blamed the cat for breaking the fruit bowl

Because we did not want any fuss…..

She knew it was us.

Grade 5 The silliest teacher in school / Pencil and eraser were in a horrid fight

The pencil and the eraser were in a horrid fight (Unknown)

The pencil and eraser

Were in a horrid fight,

It went on through the day

And well into the night

The pencil wrote a poem

About erasers that can’t write,

The eraser erased the poem,

And he did it with delight.

The pencil wrote a sign,

Keep erasers out of sight,

The eraser erased the sign,

And he did it out of spite.

The pencil wrote a note,

“You are just a parasite”

The eraser erased the note,

Not a word was left in sight.

The pencil and eraser

Fought all through the night,

And when the morning came,

They had disappeared from sight.

The silliest teacher in school by Darrel Sardelli

Our teacher gave detention

to the fountains in the hall.

She handed extra homework

to the artwork on the wall. 

We saw her point a finger

at a banner and a sign.

She said their bad behavior

was completely out of line.

The principal approached her

and said, “What is all this fuss?

I heard you tried to punish

all the tires on a bus.

“You’ve made the teachers angry

by disrupting all their classes,

so if you want to keep this job,

you have to wear your glasse


Grade 6 I fell in love with my smart phone / My sister’s room

My sister’s room by Denise Rodgers
I have plans for my sister’s room
Which I’ve renamed the den of doom,
While she is gone for three days (three!)
With plans to have more fun than me.

There’s ice cream for her pillowcase
(Nice and sticky for her face).
Rubber spiders for her sheets,
(A nice and soothing bed-time treat.)
I’ll read her journal — glue it shut,
And tell my mom it’s filled with smut.
I’ll stuff her shoes with pistachios,
Her posters I’ll mustachio.

Give me time, I’ll think of more.
What’s that? My sister locked her door!?!
I’m so angry I could bust.

 

I fell in love with my smart phone by Kenn Nesbitt

I think I’m in love with my smartphone.
I’ve never felt this way before.
I used to be lonely without it.
I don’t feel alone anymore.
My phone is my constant companion.
It loves to just hang out and play.
As long as I plug it in nightly,
it charms and delights me all day.
It likes to play music and movies.
It never says no to a game.
It answers my questions so sweetly.
Without it, life isn’t the same.
I hope you don’t misunderstand me
or think that I’m some kind of freak,
but I fell in love with my smartphone,
O we’re getting married next week.

Grade 7 Be proud of who you are / Under my bed

Under my bed by Kenn Nessbitt

There’s something underneath my bed.
It’s kind of hard to see.
But, every time I look, I think
it’s looking back at me.

It’s dark and somewhat fuzzy like
an old and moldy peach.
I can’t tell if it’s moving but
it stays beyond my reach.

It might be made of dust balls or
a pile of stinky socks,
or maybe dirty underwear
and missing Lego blocks.

It could be where my crayons went
and where my games keep going,
since, every time I look at it,
it seems as if it’s growing.

It grew a little yesterday.
It grew the day before.
I looked again today and saw
it grew a little more.

I’m starting to get worried since
I don’t know what it is.
I showed it to my brother, but
he swears it isn’t his.

I hope it goes away soon, since,
if things do not improve,
I’ll have to go tell mom and dad
it’s time for us to move.

Be proud of who you are

I come with no wrapping of pretty pink bows.
I am who I am, from my head to my toes.
I tend to get loud when speaking my mind.
Even a little crazy some of the time.
I’m not perfect but I don’t care to be.
You can be you and I can be me.
I try to stay strong when pain knocks me down.
And the times that I cry are when no one’s around.
To error is human or so that’s what they say.
Well, tell me who’s perfect anyway.

Grade 8 Why God made teachers / Messy Room

Why God made teachers by Kevin William Hulf

When God created teachers,
He gave us special friends
To help us understand His world
And truly comprehend
The beauty and the wonder
Of everything we see,
And become a better person
With each discovery.
When God created teachers,
He gave us special guides
To show us ways in which to grow
So we can all decide
How to live and how to do
What’s right instead of wrong,
To lead us so that we can lead
And learn how to be strong.
Why God created teachers,
In His wisdom and His grace,
Was to help us learn to make our world
A better, wiser place.

Messy Room by Shel Silverstein

Whosever room this is should be ashamed!
His underwear is hanging on the lamp.
His raincoat is there in the overstuffed chair,
And the chair is becoming quite mucky and damp.
His workbook is wedged in the window,
His sweater’s been thrown on the floor.
His scarf and one ski are beneath the TV,
And his pants have been carelessly hung on the door.
His books are all jammed in the closet,
His vest has been left in the hall.
A lizard named Ed is asleep in his bed,
And his smelly old sock has been stuck to the wall.
Whosever room this is should beAshamed!
Donald or Robert or Willie or —
Huh? You say it’s mine? Oh, dear, I knew it looked
familiar!

Grade 9 Expectations / The diet

Expectations by Jeremy Richard Piercy

I sit on the doorstep of my childhood.
I have rung the bell of my conscience
Twice now, but there is no reply.
I am waiting to see an image
Of my failures and disbeliefs – and here is one now.
The slow drizzle of my memories is gone now;
I have lost time and friendship – they have
Disappeared into the past with the other things
A master sees me waiting and watches disdainfully –
He thinks he knows me,
But he does not know how wrong he is.

The diet by Jacqueline Emery

I’ve just stood on the scales.
What a dreadful fright.
I really thought my jeans had shrunk again!
What I didn’t realize
was – they’re getting far too tight;
NO chips and crisps and cakes for me – that’s plain!
I’ll try to lose a stone –
That’s well within my reach,
before the summer comes and clothes get less!
bikinis don’t look good
if you’re bulging on the beach –
And I doubt if I can do up my best dress!
So that’s my new idea –
Nothing will change my mind,
not anything you DO or EAT or SAY!
Some chocolates – just for me!
Oh, thank you – that’s so kind.
A diet? Well – perhaps another day!

Grade 10 A message to the moon / The hardest part of work

A Message to the moon by Millicent L. Pettit

You`re not as dead as you look.
They`re after you.
They`ll strike oil on you.
They`ll build refineries on your eyes to your forehead
And run freeways from your eyes to your mouth.
They`ll fill your pores with scrap iron
And your nostrils with smog.
Your chin will break out in a rash of billboards
And your cheeks will be pockmarked with trailer
camps.
Try to look deader. Forgot to wax.
Keep on waning. Get off your orbit.
Eclipse!
Don`t just sit there mooning.

The hardest part of work by Evan James Griffin

The hardest part of work,
is to pretend you’re working hard.
You can only stack so many papers,
or shuffle so many business cards.
In one tab you’ll have your email.
And the other you’ll have your shows.
And you can switch between them so quickly
Your boss hardly knows.
Hulu shows the Office,
Youtube has dancing Dogs.
Amazon sells lots of books,
on Ebay you bought some Pogs.
But once you’re tired of Facebook,
and you,ve written too many Tweets,
you’ll stroll down to the breakroom,
and help youself to treats.
And if there is a co-worker,
with semi-engaging news
You’ll only stop and gossip,
for at least an hour or two.
Other times you’ll play ping pong,
your favourite company perk.
It’s amazing what you get done,
when you come to work.

Grade 11 Slowdance / The world before goodbye

Slow dance

Have you ever watched kids on a merry-go-round,
or listened to rain slapping the ground?
Ever followed a butterfly’s erratic flight,
or gazed at the sun fading into the night?
You better slow down, don’t dance so fast,
time is short, the music won’t last.
Do you run through each day on the fly,
when you ask “How are you?”, do you hear the reply?
When the day is done, do you lie in your bed,
with the next hundred chores running through your head?
You better slow down, don’t dance so fast,
time is short, the music won’t last.
Ever told your child, we’ll do it tomorrow,
and in your haste, not see his sorrow?
Ever last touch, let a friendship die,
‘cause you never had time to call and say hi?
You better slow down, don’t dance so fast,
time is short, the music won’t last.
When you run so fast to get somewhere,
you miss half the fun of getting there.
When you worry and hurry through your day,
it’s like an unopened gift thrown away.
Life isn’t a race, so take it slower,
hear the music before your song is over.

The world before goodbye

What is springtime after all?
Only the other side of fall.
Oh if I could have
I’d have made you a sunny sky –
Hello’s the word before good-bye.
Sometimes it rains, sometimes it shines
Yet the things I want are seldom mine
How much of summer can we hold
Before we turn and find we’re old?
The things our mirrors tell us are all lies
Hello’s the word before good-bye.
Sometimes it’s dark, sometimes it’s fair
Yet when I go home at night nobody’s there.
Perhaps the next wind that blows in
Will bring you back to me again.
Till then remembering just makes me want to cry.
Hello’s the word before good-bye.
Sometimes you lose, sometimes you win
Yet I can’t forget what might have been.

Garde 12 Why me / Serenade

Serenade by Phillippa N Barlow

Sing me a serenade,
a serenade about you.
Through your music talk to me,
let me understand you more.
Tell me about your pain,
about your sorrow.
Tell me about your pain,
about your sorrow.
Tell me about your happiness
and let me follow.
Let me see you as you are,
not as the world thinks you are.
I do not want to understand
what you show the world.
I want to know that real you,
that you in your song,
that innermost you that
you share with your song.
I want to understand you,
to understand your song.
Please, sing me the serenade,
the serenade of your life,
and maybe someday it might mingle,
might mingle with mine,
that our serenades together
might become as one

Why Me?

If you have to ask Why Me?
When you’re feeling really blue,
When the world has turned against you
And you don’t know what to do,
When it pours colossal raindrops
And the road’s a winding mess,
And you’re feeling more confused
Than you ever could express,
When the saddened sun won’t shine,
When the stars will not align,
When you’d rather be
Inside your bed,
The covers pulled
Above your head,
When life is something
That you dread
And you have to ask Why Me?
Then when the world seems right and true
When rain has left a gentle dew,
When you feel happy being you,
Please ask yourself Why Me? Then, too

BANKBESONDERHEDE / BANKING DETAILS

Gebruik asb. deelnemer se naam en van as verwysing / Please use participant’s name and surname as reference

2024 Talentè Inskrywingsvorm / Entry Form

BANKBESONDERHEDE / BANKING DETAILS

Gebruik asb deelnemer se naam en van as verwysing / Please use participant’s name and surname as reference