Afrikaanse Voorgeskrewe Gedigte
Art / Kuns
Kuns & Fotografie / Art & Photography
Drama
Afrikaans Drama Afdeling / English Drama Section
Dans / Dance
Optredes word beperk tot 2 minute / Performances are limited to 2 minutes
Vokaal & Kore / Vocal & Choirs
Optredes word beperk tot 2 minute / Performances are limited to 2 minutes
Instrumentaal / Instrumental
Inskrywings vanaf voorskool – Gr12 word aanvaar vir hierdie afdeling /Entries from pre-school – Gr12 is accepted
Skryfkuns / Creative Writing
Skryfkuns word in groepe beoordeel / Creative Writing will be adjudicated groups
Video
TikTok, Vimeo, Youtube. Videos
Voorskool Pasop of Spesiale dag of O’Koek of My toeteldier
Pasop deur Gloudine Kellerman
Mamma is ‘n gawe vrou,
‘n vrou van wie ons almal hou.
Daar is net een ding
Wat ek wil stop…
Daai oë agter op haar kop.
O’Koek deur Fanie Viljoen
Die koek was op die rak.
Nou lê dit op die vloer.
Is dit waarom boetie
So om die hoekie loer?
Spesiale dag deur Elmarie Kitshoff
Moedersdag is ‘n mammas
Vadersdag is vir pappas.
My verjaarsdag is vir my.
Dis wanneer ek geskenke kry.
My troeteldier deur Engela Duvenage
Wat ek wil hê is ‘n krokkodil.
Ma sê: “Nee dit laat my gril”
Toe vra ek vir ‘n sjimpansee.
Ma sê: “Nee! O aarde, nee!”
Toe kies ek ‘n gemmerkat.
Ma sê: “Goed gekies, my skat”
Graad 1 Die Verkleurmannetjie of Lekker eet
Die Verkleurmannetjie deur Hester du Toit
Verkleurmannetjie in die bos
Hoe kry jy dit reg
Om jou stert so om die tak te vleg?
Netnou was jy bruin
Nou is jou lyfie groen.
Ek wonder elke keer
Hoe jy dit doen.
Lekker eet – Nicci Thabo
Pampoen vir die brein
Wortels laat die hare skyn
Appels sommer twee ‘n dag
laat vir seker die tandarts wag.
Groente is goed,
Ma sê dis ‘n moet
al kos dit soms baklei
om dit in my keel af te kry!
Graad 2 Tekkies of Restaurant
Tekkies
Tekkies is mooi en tekkies is cool
tekkies laat jou voete lekker voel
tekkies is mode tekkies is funky
maar hier kom die nare klankie
want ná stap en draf is dit tekkies se lot
om sleg te ruik en kwaai te vrot
Ek is die een wat die alfabet burp.
My Pa is die een wat sy melkskommel slurp.
My sussie druk graag slaptjips in haar neus.
Ouma sukkel altyd om die spyskaart te lees.
Wanneer ons uiteet, kom my hele gesin saam.
En my ma is die een wat haar morsdood skaam.
Graad 3 Die Vis of Gogga-pardade
Die Vis deur Marie Niemeyer
Ek is ʼn wilde, woeste haai
wat jakker in ʼn vreemde baai.
Ek flits deur water diep en blou
om snoek te vang en kabeljou.
O, ek is ʼn woeste vis.
Hul koes maar as ek honger is.
Hul’s bang vir my; ek swem so gou.
Ek spoor hul op en vreet hul rou.
Ek dartel oral heen en weer,
die branders slinger op en neer.
Hul breek in skuim, ek duik weer in,
bo sien hul net my skerpe vin.
Nou gly ek oor die diep seesand;
maar ag, daar’s Ma weer buitekant!
“Spat jy al weer die vloere nat?
Karools, klim dadelik uit die bad!”
Gogga-pardade deur Fanie Viljoen
Wat wir-r so?
Wat tjir-r so?
Wat klap-p so?
En kir-r so?
Sien ek reg? O, genade!
Dis die gogga-parade.
Is dit waar? Ag nee!
Oor my piekniekkombers.
Met min buig en min bars
kom die goggas se mars
oor die beet- en groenslaai,
die boerewors vir die braai.
Hulle vat, sonder vra,
tot die poeding en vla!
Hierdie gogga-hoofweg
dra my hele piekniek weg
Graad 4 Monster of Verslaap
Monster deur Louwretta Drake
Daar is ‘n monster onder in ons gang.
Net vanaand gaan ek hom vang.
Hy wag altyd tot ons almal slaap
en begin dan om ‘n trekker na te aap.
Ek hoor hom nou in Ma-hulle se kamer raas:
Grrr phew, grrr phew. Dis hy wat so blaas.
Ek sien hom in die kol van my flitslig.
O jissie, ek ken mos daardie gesig!
“Ag nee, my kind, ek slaap dan so lekker”
“Maar Pa, jy klink dan nes ‘n trekker!”
Vroeg vanmôre toe die reën begin
kruip ek diep-diep onder my kombersie in.
Toe ek eindelik wakkerskrik,
weet ek hierdie dag het skeef begin.
Ek gryp na skoen en trui,
want Pa wil sommer dadelik ry.
Daar sit nog wit skuim om my mond,
maar ons ry, want die klok gaan lui!
Skaars sit ons in die klas of ek gryp my hart vas:
ek het my wiskundeboek vergeet . . .
Vandag is skool ʼn ware las.
Maar toe sê kwaai juffrou Louw (haar oë is mos so bibberblou):
“Bêre maar julle boeke, klas,
Juffrou het nie vandag haar boek onthou!”
Vroeg vanmôre toe die reën begin,
kruip sy diep-diep onder haar kombersie in.
Toe sy eindelik wakkerskrik,
weet sy hierdie dag het skeef begin.
Graad 5 My pa die skaatsplank-kampioen of My hond is slimmer as joune
My pa die skaatsplank-kampioen deur Jaco Jacobs
My pa was glo op sy dag
‘n skaatsplank-kampioen
Die wildewragtig van die buurt
Wat waaghalstoertjies doen.
Toe ek ‘n nuwe skaatsplank kry,
Sê Pa “Laat ek probeer
Daar is beslis ‘n ding of twee
Wat jy by my kan leer”
Die einde kan jy seker raai:
Die skaatsplank is in stukke,
Die skuifdeur kort ‘n nuwe ruit
En my Pa loop met krukke.
My hond is slimmer as joune deur Jaco Jacobs
Jy sê jou hond het honderede
slim toertjies geleer
en dat hy ‘n beskuitjie
op sy neus kan balanseer
Maar my hond is slimmer as joune!
Jy sê jou hond kan enige
Hindernisbaan voltooi,
En dat hy ‘n stok kan terugbring
As jy dit vir hom gooi
Maar my hon dos slimmer as joune!
Jou hond verstaan bevele
Soos “sit” en “blaf” en “lê”,
Jou hond is so gehoorsaam
En doen alles wat jy sê….
Maar my hond is slimmer as joune!
Bewyse? Maar natuurlik!
Ek dog jy gaan nooit vra nie!
Maar…..uhm…. my hond lees nou koerant
En ek wil hom nie pla nie.
Graad 6 Drome of Sprokies met ‘n twist
Drome deur Jaco Jacobs
Is wetenskaplikes se drome
Vol mollekules en atome?
Droom dokters van medisyne
En siektes en skete en pyne?
Sal ‘n mielieboer, al is hy moeg,
Steeds in droomland aanhou ploeg?
Maak slapende loodgieters korte mette
Met lekkende krane en toilette?
Is bakkers se drome suikersoet,
Vol tert en koek en lekkergoed?
En laat stout kinders soos ek en jy
Onderwysers snags nagmerries kry?
Sprokies met ‘n twist deur Santie Nel
Kyk, ek hou van sprokies,
Maar soms sit ek en peins
En wonder hoekom helde
Geskets word so sonder breins?
Vat Doringrosie
Se prins wat haar bekoor.
Hoekom sukkel hy met die heining?
Nog nooit van ‘n chainsaw gehoor?
En wat van Gouelokkies,
Wat verjaag word uit die bed?
Ek laat my nie so verskreeu
Ek bel my prokureur. No sweat!
Daar is ook Aspoestertjie wat haar skoen
Voor middernag verloor
Girly, jy stel jou wekker
As die fee met jou toor
En laastens Sneeuwitjie,
Wat die heks se appel eet
Was jy op cloud nine, liefie?
Of al op ‘n streng diet?
Ja, ek hou van sprokies,
Maar steeds sit ek en peins
Hoekom word die helde
Geskets so sonder breins
Graad 7 Ons nuwe juffrou of 34 November
Ons nuwe juffrou deur Jonelle Du Toit
Voor die bord staan ‘n baie groot vrou,
sy is sowaar besig om kougom te kou.
Haar skouers is breed soos ‘n rugbystut.
Haar rok is pers, haar skoene groot en wit.
“My naam is juffrou Zonderkop,”
en toe steek sy ‘n dik sigaar op.
Sy gooi haar kop agteroor en lag wild,
doen ‘n karate kata dat haar kuite bult.
“Graad sewe is geen grap nie!” bulder sy.
“Ek is hier om julle in die hoërskool te kry!”
Toe doen sy die briekdans tot by die deur en sê:
“Kom nét laat en kẏk wat gebeur!”
Die hele klas begin te proes en lag!
Toe sê sy iets wat niemand verwag:
“Ek gaan net gou geld op die perde wed,
as die skoolhoof kom, moet jy my bas red!”
Almal kyk haar baie verbaas agterna,
maar niemand waag dit om ‘n vraag te vra.
Wel, daar is iets wat ek doodseker weet:
Hierdie skooljaar sal ons nimmer vergeet!
34 November deur Jaco Jacobs
Die 34ste dag van November,
Is ‘n spesiale dag!
Ma roe pons vir middagete,
Skuins voor middernag.
Ons eet kraakvars dodo-eiers,
Skiet mekaar met spek
En drink liters krokkodilmelk
Wat ons van die vloer aflek.
Dan tek on sons pijamas aan,
Stap skool toe met die bus,
Waar ons heeldag leer
Asof dit skoolvakansie is
Op die hokkieveld druk ek ‘n drie
Terwyl ons krieket speel,
En ek word sowaar gekies
As die tennisspan se vleuel.
Vroegoggend toe ek moeg is
Na die dag se vervelige pret,
Borsel ek my tande en ek klim
In my sklipadverebed.
Ek trek my drafpantoffels aan,
En gee ‘n op en wakker gaap.
Die harde lui van my wekker
Sus my saggies aan die slaap
So, onthou gerus die datum
Dis ‘n dag vol speel en lag
34 November
Is Nasionale Nonsensdag.
Graad 8 13 of Dinge wat tieners haat
13 deur Beth Murray
Dertien, is mislik en eensaam en lomp
is oorgevoelig en afgestomp
is verlang na ‘n held wat sesuur kom klop
en sê ek laai jou nou-nou op
vir vanaand se fliek en pizzas eet
(al voel ek verleë en natgesweet)
ek droom my lyf is voorbladmooi
ek wens ek was Neil Spark se nooi
Maar…..so what ek koop maar warm chips
taaitoffies en coke en chocolate dips
en skryf op my hand
You know how I feel
Debra is in love with Neil
en ek tjank oor die maan wat so sag
en so ver soos ‘n droom lyk vannag
hier waar ek voor my kamervenster kniel
en bid: ag Here ag bless vir Neil.
Dinge wat tieners haat deur Jonel du Toit
Hier volg ‘n blitskursus oor wat om te vermy
as jy ‘n tiener graag aan jóú kant wil kry.
Let baie mooi op waarteen jy moet waak;
hier volg dinge wat ouers ongewild kan maak:
“Johanna Petronella Frederika du Preez.”
As jul ons doopname gebruik, wil ons hardop skree!
“Hoe vind jy iets in jou kamer, dis ‘n varkstal?”
Ma se handsak lyk erger, dit maak mens mal.
“Is daai kort rok ál wat jy gaan aantrek?”
En kyk hoe lyk Pa, daai top is so-o-o uitgerek!
“Met wie praat jy op die foon, heeldag?”
Ek het vriende, wat het julle verwag?
“Is jy oukei, is daar iets waaroor jy wil praat?”
Tieners vra hul vriende, nié hul ouers se raad!
“Is daar iemand op wie jy ‘n ogie het?”
Ag nee! Die vraag is teen die tienerwet!
So dis maklik, vermy hierdie vrae en jy’s ‘n wenner.
Glo my , op daai gebied is ek ‘n kenner!
My raad kom nie verniet, so hier is my pet.
‘n Sagte kollekte is welkom – of nét wat jul he.
Graad 9 Lag weer, Pa of Anyway
Lag weer, Pa
Pa, jy staan so stil
Hier op die duin.
Jou pyprook hang soos
uitgereënde wolkies in die lug.
Jou lag het weggedroog,
dit het verander in ‘n sug.
Dit sal weer reën, my pa.
Pa sal sien,
ons moet net vra,
ons stemme moet net mooi
in die warm hemel klag
Dan sal die bliksem
Pyp opsteek en wolke blaas.
En Pa sal weer
‘n rooigrasduinpa
wees
Anyway deur T. Coetzer
Wat ek wou sê is nie vir almal om te hoor nie
Ek wil dit fluister teen die wind in
sodat dit deel word van alles
wat jy doen en is.
Son wat padlangs uitstroom oor hierdie teerpaaie en
grashellings.
Wanneer ek buite loop en opkyk in hierdie rookwit lug
wil ek jou gebare herken in die wolke,
jou stem in sonsondergang-voëls in stil strate
in elk geval
wanneer hulle wonder en vra, wanneer jy twyfel in jou oë
– anyway when you do that –
wil ek weet van diepsinnighede en gekheid en jy weet
Anyway ja in elk geval
Luister, die wind kom op
Daar’s iets op sy tong…
Graad 10 Hemel of My hart is in intensive care deur
Hemel deur Lina Spies
My kat is geel soos ‘n papawer
met oë nes botterblommetjies
en ‘n voetstap ligter
as ’n sonstreep oor die water.
Die mossies in my tuin
het koppies rond soos okkerneute
en ligte lyfies soos gepunte blare.
Maar op ’n dag
skerp naels tussen fyn veertjies
en meteens die angs
gestem op die kwint van ‘n klein stemmetjie.
Dis dan dat ek my voet botter smeer
om langer hier te bly
en nie byvoorbaat weg te loop na daardie land
waar die wolf by die lam gaan wei
en die mossie haar eiertjies
tussen die pootjies van die kat sal lê.
My hart is in intensive care deur Jak de Priester
My hart is in intensive care.
My hart word rein gewas.
My hart is soos die digter sê,
Op al die plekke waar ons eenmaal was.
My hart is soos ‘n nagmaalbrood,
Gebreek tot net ‘n stuk.
Hoe kry mens dit dan reg
Om ‘n gebroke hart weer reg te ruk?
Want Baby, jy is my lewe.
Baby, jy is my huis.
Baby, jy is ‘n lovesong
Wat oor die see na jou toe reis.
Baby, jy’s my trane (in ‘n hartklop) vasgevang
En Baby, jy’s die een na wie my hart vanaand verlang
Ek voel vanaand so soppy
Soos ‘n digter met ‘n sigaret
En ‘n halwe bottel rooiwyn
Op die tafel langs my bed.
En ek dig tot in die nag se slaap,
Ek dig my hart gesond.
Vat ‘n slukkie van die rooiwyn,
Blaas ‘n rookie uit my mond.
Ek los ‘n boodskap op jou voicemail.
Was dit nou die regte ding?
Toe ek dit laaskeer gedoen het,
Het ek ‘n lovesong gesing.
Graad 11 PICASSO of Draai na my
PICASSO deur Phillip de Vos
Neef Pablo R Picasso
was ‘n rare verf-en-kwas-ou.
Eens in agtien een-en-tagtig
sê sy Spaanse mamma: “Wragtig!
‘n Kennis van anatomie
het kleine Pablo werklik nie.
As hierdie kind sy dors wil les,
suig hy my oor – die kleine pes!
Ai, ek is worried en bevrees
my bybie gaan nόόit fymis wees.”
Maar tog is sy verkeerd bewys:
Op neëntien reis hy na Parys.
Picasso wou ‘n skilder wees,
want dan sou hy gewilder wees.
Sy eerste werk was pessimisties:
Als was blou en realisties,
maar kort daarna word als rooskleurig –
alte pragtig, pienk en keurig.
Maar, toe hy op sy bril gaan sit,
skrik Pablo sy kiewe wit.
Alles, alles lyk skoon gek –
‘n neus sit op die piepie-plek.
Draai na my deur Louis Esterhuizen
Daar sal dae wees
wanneer die wêreld onkant
draai, dae wanneer
die grond hardnekkig tree vir tree
terugstamp en daar geen holte
te vinde is nie, dae wanneer
die son ‘n goiingsak is agter miswolke
en alles wanstaltig teenoor mekaar
bly staan, dae wanneer
die gelag van vriende
jou grief, wanneer jy sal voel: niks of
niemand, daar is geen sin
of heenkome nie en jy sal terugtrek
na jou binnekamer en sien
hoe oud jy geword het, hoe verlore
die tye toe jy onbevange jou weg
deur watter gesprek ook al kon vind
en alles vreugde was.
Onthou dan om na my te draai en te sien
hoe dit is: die manier waarop ek
steeds na jou kyk.
Niks, ja niks lyk realisties.
En deur sy erg gekraakte lens
vul hy oplaas sy beurs . . . plus pens.
dra Pablo na ‘n ramp soos dié,
want deur sy bril lyk als kubisties.
Geen kennis van anatomie.
Graad 12 ‘n Paternoster vir Suid-Afrika of Ek het van jou gedroom
‘n Paternoster vir Suid-Afrika deur Lina Spies
Here,laat die name geheilig word
van al die kinders in die land –
van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale,
Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die loonjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die sonheuwels uit te wei.
Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.
Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery het
en kaalvoet geloop het nie,
en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is ‘n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie…
Aan U behoort die land
en die son
en die skape van Sy weiding
Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie
en deel U self die lootjies uit
Ek het van jou gedroom
Ek het van jou gedroom gisteraand,
Want vanoggend was my kussing
Nog gedimpel met jou gesig.
Ons was op die strand gewees,
Want tussen die lakens op my bed
Was daar sand by die voetenent.
Ons het hande vasgehou,
Want my palm was nog warm
En my vingers gevorm soos jou hand.
In my droom moes ons gesoen het,
Want my lippe was klam,
Soos jou smaak in my mond opdam.
Ons het saam aan die slaap geraak,
Want my rug was koud,
Maar my voorlyf warm ge-lepel.
In my droom wou ek nog iets vir jou fluister,
Jou met ‘n laaste gedagte toevou,
Want op my tong ontdek ek drie woorde:
Ek en Lief en Jou.
Talenté Kontak Algemene Vorm / Talenté General Contact Form

